Muur bied hoop vir ongewenste kinders

Michelle Stephenson verduidelik hoe die broeikas werk.

As deel van die vieringe van Vrouemaand is ʼn muur met ʼn ingeboude broeikas bekend gestel wat ʼn alternatief bied vir ouers wat nie hulle kinders wil hê nie.

In 2006 het adjudant offisier Michelle Stephenson naby ʼn stortingsterrein in Boipatong op ʼn baba afgekom. Die baba was versmoor. “Hoewel ek aanvanklik kwaad was, weet ʼn mens nie wat die situasie is nie. Die kind kan moontlik ʼn produk van verkragting of seksuele teistering by die huis gewees het,” het Stephenson verduidelik. Hoewel sy nie die baba kon red nie, het sy die dogtertjie as Jessica Stephenson geregistreer voordat sy haar laat begrawe het.

Stephenson het die hoofaanklaer van die Vanderbijlpark-hof genader met die voorstel van ʼn sogenaamde “baba-boks”: ʼn plek waar ouers hulle ongewenste babas kan los.

In 2008 is ʼn muur in Vanderbijlpark op die hoek van Pasteur- en Hertzlaan opgerig met ʼn ingeboude staalbroeikas wat met ʼn matras en sensors uitgevoer is. Die broeikas het ʼn deur aan albei kante van die muur en, sodra die baba in die broeikas geplaas word, sluit die deur outomaties van binne af. ʼn Nabygeleë hospitaal word in kennis gestel van die baba deur middel van ʼn alarm wat deur die sensors geaktiveer word. Slegs hospitaalpersoneel kan dié alarm afskakel wanneer die baba uitgehaal word.

Omdat die broeikas van binne af sluit, kan die baba nie weer deur die ouer uitgehaal word nie, maar volgens Stephenson bied hulle ook hulp aan die persoon wat die baba afgee. “Sou die ma van plan verander nadat sy die kind in die broeikas geplaas het, kan sy na die hospitaal toe gaan waar ons vir haar hulp bied.” Dit sluit berading, lesse oor ouerskap en hulp met subsidies in.

Na afloop van ʼn mediese ondersoek word die baba by ʼn vrywilliger geplaas totdat hy of sy aan die welsyn oorhandig kan word.

Sedert die muur in 2008 opgerig is daar altesaam sewe babas met behulp van die muur gered waarvan drie in die broeikas gelos is. Vier van die sewe babas se ma’s het Stephenson direk gekontak, waarna die babas afgegee is.

Die bord teen die muur het egter sedertdien begin verbleik, wat die sigbaarheid van die muur verswak het en die besluit is geneem om die muur op te knap en weer bekend te stel.

Die doel is om dié broeikaste regoor die land op te rig. Die tweede broeikas is gereed om geïnstalleer te word en volgens Stephenson oorweeg hulle om die muur in Sharpeville op te rig, aangesien daar ook ʼn 24 uur-kliniek is.

Een van die babas wat in 2011 in die muur geplaas is, was ook saam met sy aanneem-ouers by die bekendstelling. “Ek kan nie vir jou sê wat dit vir my beteken nie.  My hart raak so groot as ek daardie kinders sien. Al kon ons net een baba deur middel van die muur red, dan is dit reeds ʼn lewe wat ons verander het,” aldus Stephenson.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Daar is so ‘n “kas/boks/muur” in Pretoria ook – ken nie die details nie maar ek ry gereeld daar verby.

Barry ·

Ai daar mense wat bitter graag n kleinkie wik he maar sukkek baie om aan te neem is erge siryasiewens daar was makliker manier

Mckayline ·

Potch het ook ‘n soortgelyke kas waarin vrouens hul babas wat hulle nie wil he nie, kan plaas.

teresa smuts ·

That is so wonderful knowing that there are still people who care enough in this world to make a difference one baby at a time. May you be blessed.

christa v rensburg ·

Dankie vir mense soos jy Michelle. Mag die Here jou seen dat hierdie liefdes projek landwyd gebruik sal word en dat julle genoeg skenkings daarvoor sal kry.

Jan Loots ·

Nou vandat die put toilette nie meer daar is nie moet hulle maar gebruik maak van die asblikke, of ashope. Die goed kan net teel en steel en behoort voordat hulle kan loop almal, manlik en vroulik onvrugbaar gemaak word.

Lizl ·

Michelle, julle doen sulke wonderlike werk. Baie dankie en voorspoed vir dit wat voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.