Mxit-verkragter lewenslank tronk toe gestuur

ʼn Man wat ʼn 15-jarige meisie op die kletsnetwerk MXit ontmoet het en haar op ʼn slinkse manier na sy huis gelok en verkrag het, is lewenslank tronkstraf opgelê.

Beeld berig David Heath Coughlan (28) het die 15-jarige meisie glo in Julie 2010 op MXit bevriend. Hy het die meisie van Germiston glo by haar huis gaan haal en na sy blyplek geneem waar hy haar bedwelm en verkrag het. Coughlan het gevlug en is op 17 Augustus 2010 in Port Elizabeth aangekeer. Landdros Ian Cox het gister in die Benoni-streekhof gesê Coughlan het geen berou getoon nie. Die meisie se ouers was duidelik verlig en tevrede met die vonnis. ’n Aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis word volgende week aangehoor.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.