“My tatoe is aan Chanelle Henning opgedra,” sê moordenaar

Willem Pieterse by die Pretoriase hooggeregshof Foto: Oupa Mokoena, IOL

ʼn Tatoe op Willem Pieterse se kuit, een van die mans wat aan Chanelle Henning se moord skuldig bevind is, is glo aan haar opgedra.

Die tatoe is ʼn prent van ʼn naakte vrou met lang hare wat slegs ʼn paar hoëhakskoene aanhet en rondom ʼn rewolwer vervleg is, berig IOL. Die wapen is glo die .38-rewolwer wat tydens die moord gebruik is. Langs die prent is die letters “RIP CH 08.11.2011”, wat staan vir “Rus in Vrede Chanelle Henning met die datum van haar afsterwe.

Onderaan die prent is ʼn tatoe van sy eie Kawasaki Nina-motorfiets, waarmee hy met die dag van haar sluipmoord gery het.

Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte, se liggaam is bedek deur tatoes en dien tans ʼn 18-jaarlange vonnis uit vir die moord op Henning. Hy en Gerhardus du Plessis, ook ʼn voormalige polisiebeampte, het in Desember 2011 skuldig gepleit op die moord. Henning is op 8 November 2011 in Faerie Glen, oos van Pretoria deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool afgelaai het.

Beide mans beweer Ambrose Monye en André Gouws het hulle teen R10 000 elk gehuur om die Henning te vermoor.

Monye en Gouws se verhoor duur tans voort. Hulle het albei onskuldig gepleit.

Foto: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ansie hamman ·

dis siek!, mag hy geen rus vir sy siel hê vir die res van sy lewe nie!

Mel ·

Kommin gemors. Hy’t geen berou nie, hy’s eerder trots op wat hy gedoen het. Psigopaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.