Myn van dieremishandeling aangekla

Argieffoto

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Mpumalanga het klagte van dieremishandeling teen die eienaars van ʼn steenkoolmyn naby Middelburg aanhangig gemaak.

Petro Oosthuizen, bestuurder van die Middelburg DBV, sê die organisasie moes visse en voëls uitsit weens besoedelde water van die Optimum Coal-myn. “Ondersoeke het bevestig dat die dood van duisende visse en die gevolglike vergiftiging van voëls die gevolg was van besoedelde water wat in die dam by die myn gepomp is. Daar was duisende dooie visse en groot getalle wat besig was om dood te gaan en uitgesit moes word.” Die DBV moes ʼn lasbrief kry om toegang tot die Eikeboompan te kry aangesien dit op private grond is en die organisasie op 7 Maart toegang tot die perseel geweier is. “Dit is duidelik dat die myn die tegniese kennis gehad het om te keer dat die besoedeling gebeur maar hulle het eerder besluit om ons te probeer keer om die sterwende diere by te staan,” het Oosthuizen gesê. Sy sê Optimum Coal gebruik reeds die afgelope 15 jaar die Eikeboompan om van mynwater ontslae te raak. Die polisie in Middelburg kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.