Mynbestuurder kry reuse boete oor spoed

ʼn Mynbestuurder van Witbank in Mpumalanga is ʼn reuse boete opgelê nadat hy vroeër vanjaar op die N14 vasgetrek is nadat hy teen 212 km/h gery het.

Busaphi Nxumalo, ʼn woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê Andy McCauley (48) is op 27 Mei vasgetrek terwyl hy in ʼn splinternuwe Ferrari 455 gery het op die N14 in die rigting van Pretoria. McCauley is Maandag in die Krugersdorp-landdroshof ʼn boete van R80 000 opgelê of twee jaar tronkstraf wat vir twee jaar opgeskort is. Nxumalo sê McCauley het die boete betaal. “Die landdros het dit duidelik gemaak dat indien McCauley weer vir dieselfde oortreding in hegtenis geneem word, die opgeskorte vonnis onmiddellik van krag sal wees.”

Adam Hack (20) is Maandag in die Pretoria-landdroshof ʼn boete van R1 500 opgelê nadat hy Sondag op die N1-noord in Centurion vasgetrek is nadat hy teen 188 km/h gery het. Hack se pa, David (55), is ook Sondag vasgetrek nadat hy teen 234 km/h gery het. Albei het in Porsche GT3-motors gery. David sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.