Mynstaking gee goud glans

Die stewiger goudprys word aan die impak van die staking op goudmyne in Suid-Afrika toegeskryf.Die goudprys het vandag tot sy hoogste vlak die afgelope jaar gestyg, en tot $1 787,90 gebeur, terwyl ontleders die asem ophou dat die prys vandag nog deur die vlak van $1 787,90 kan breek. Dit word nou as ‘n sielkundige weerstandsvlak beskryf, en indien dit oorgesteek kan word, sal die goudprys waarskynlik tot $1 820 kan styg.

Die stewiger goudprys word aan die impak van die staking op goudmyne in Suid-Afrika toegeskryf.

‘n Jaar gelede het die goudprys egter nog by $1 889,70 gaan draai, wat ook die hoogste vlak in vyf jaar was.

Die platinumprys was self vandag $1 705 teenoor $1 367 voor die Marikana-skietery. Aan die begin van die jaar, ook tydens ‘n platinumstaking, was die platinumprys in a stadium $1 722 per fyn ons, maar steeds ver onder die hoogste pryds die afgelope vyf jaar van $2 252 in 2008.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.