Mynwerkers gaan nie vir ANC stem nie

ʼn Mynwerker by Lonmin se Marikana-myn het gesê myners sal nie tydens die volgende verkiesing vir die ANC stem nie.

“Ons is dalk nie opgelei nie, maar ons verstaan politiek. En in politiek sterf mense nie soos by Marikana nie. Ons sê nie vir die mense hulle moet nie stem nie… stem, maar nie vir die ANC nie,” het Tholakele Dlunga Donderdag by die Universiteit van Johannesburg gesê. Dlunga het ʼn boekbekendstelling oor die gebeure in Marikana bygewoon.

Dlunga blameer die regering dat hulle 34 van sy kollegas op 16 Augustus tydens ʼn gewelddadige doodgeskiet het. Polisie het op die stakende mynwerkers naby ʼn koppie in Wonderkop gevuur.

Die boek, Marikana: A view from the mountain and a case to answer, is deur prof. Peter Alexander, hoof van sosiologie by die Universiteit van Johannesburg en vier ander persone geskryf.

Dlunga sê hy verdoem die ANC se verkiesingskonferensie later die maand in Mangaung. “As Mangaung Marikana veroorsaak het, dan verdoem ek dit,” het Dlunga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.