Mynwerkers maak glo amok in Noordwes

Die Noordwes-polisie ondersoek sake van opsetlike saakbeskadiging en brandstigting wat moontlik verband hou met die huidige mynwerkersstaking by Anglo Platinum se myn.

“Ses voertuie is Maandagaand omstreeks 21:00 beskadig en twee Chinese-winkels is naby Rustenburg afgebrand,” het brigadier Thulani Ngubana, ʼn polisiewoordvoerder, gesê
“Die voorval het by ʼn winkelsentrum naby die Jabula-koshuis in Boitekong plaasgevind,” het Ngubana gesê.
In ʼn afsonderlike voorval is vier uitgebrande voertuie vanoggend tussen Komanani 1 en Komanani 2 gevind.

“Na wat verneem word, was ʼn groep stakende Anglo Platinum-mynwerkers naby die tonele gesien. Ons vermoed die voorvalle hou verband met die mynwerkersstaking. In die stadium kan die skade nog nie bereken word nie. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie,” het Ngubana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.