Die liggame van twee mynwerkers wat ondergrond vasgekeer was na ʼn rotsstorting by Amplats se Bathopele-myn in Rustenburg is Dinsdag gevind.
George Tyobeka, skagbestuurder van Amcu, sê die twee werkers het Saterdag geboor toe die ongeluk plaasgevind het. Amplats het die twee werkers geïdentifiseer as Mashabela Phuku (31) en Tsembele Joseph Mashele (45). Die oorledenes het onderskeidelik 7 en 5 jaar by die myn gewerk. “Phuku was ʼn spanleier en Mashele ʼn rotsbooroperateur. Amplats is hartseer oor die dood van twee van ons werknemers en betuig ons innige meegevoel met die oorledenes se families, vriende en kollegas,” het Thabisilie Phumo, woordvoerder van Amplats, gesê