Mynwerkers vas na hulle met polisie slaags raak

Dertien mynwerkers van Anglo American Platinum (Amplats) is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle met die polisie slaags geraak het.

Kapt. Dennis Adriao, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie het gister met rubberkoeëls en traangas op ʼn groep mynwerkers losgebrand nadat hulle ʼn pad versper en ʼn kragsubstasie aan die brand gesteek het by Amplats naby Rustenburg, Noordwes. Adriao sê die betogers was deel van die groep van 12 000 mynwerkers wat vroeër die maand afgedank is nadat hulle aan ʼn onwettige staking deelgeneem het. Amplats het vroeër gesê dat hy die mynwerkers weer sou aanstel indien hulle gisteroggend 7:00 vir werk aangemeld het. Talle mynwerkers kon egter nie vir diens aanmeld nie aangesien hulle deur stakende werkers geïntimideer is. Adriao sê die mynwerkers wat in hegtenis geneem is sal van openbare geweld aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.