Mynwerkers in Wes-Rand vasgekeer

Argieffoto

Argieffoton

Reddingspogings is van stapel gestuur vir vier mynwerkers wat in ʼn myn naby Robertville aan die Wes-Rand vasgekeer is.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê ʼn tonnel in die myn het ineengestort.

“Die werkers is moontlik al drie dae lank in die myn vasgekeer, maar dit moet nog bevestig word,” het Venter gesê.

Hy het gesê reddingswerkers kan die vasgekeerde werkers hoor en met hulle kommunikeer, maar kan nog nie by hulle uitkom nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wessel ·

Ek neem aan dit is onwettige myners. Verhoor hulle sommer daar onder en laat hulle daar toegesluit word vir hulle vonnis. Ontsnap sal hulle nie maklik nie en daar is dan 4 minder om voor om te gee in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.