Die oud-Springbokkaptein, John Smit, is ʼn babadogtertjie ryker. Smit het Woensdagmiddag ʼn foto van baba Taylor Rose Smit op Twitter gelaai en geskryf: “Die Here het ons met ʼn pragtige dogtertjie geseën vandag. Ons is nou amptelik ʼn gesinnetjie van vyf!” Die “gesinnetjie van vyf” bestaan uit Taylor Rose, John, sy vrou, Roxane, dogter, Emma-Joan, en seun, Tyron.
Smit, wat vir ʼn geruime tyd in Engeland vir die Saracans gespeel het, neem op 1 Julie die leisels oor as die uitvoerende hoof van die Natal Sharks. Die Sharks se huidige uitvoerende hoof, Brian van Zyl, sal tot 28 Februarie 2014 as mentor by die Sharks aanbly om Smit te ondersteun.
GELUK AAN DIE SMIT GESIN. MAG SY GROOT VREUGDE BRING