‘n Boer maak ‘n plan

Erard Louw, ‘n boer van Durbanville, Kaapstad, het selfone aan sy skape vasgemaak om diefstal só hok te slaan.

Louw het die selfone rondom vier skape se nekke vasgebind nadat van sy vee gesteel is. Die selfoon word geaktiveer sodra die skaap begin hardloop – ‘n teken dat diewe deur die heining gebreek het, berig IOL.

“Ek kry ‘n oproep wat sê ‘skaap een’ of ‘skaap twee’ ensovoorts, sodat ek ten minste kan weet waar om te begin soek, aangesien die plaas 750 hektaar groot is,” het Louw gesê.

Voor hy dié sekuriteitsmaatreël ingestel het, het Louw binne ‘n paar weke Louw 27 skape en 13 lammers aan diefstal afgestaan. Volgens Louw help dit nie om die polisie te ontbied nie, aangesien hulle te ver van die plaas af is en, in sy ervaring, gewoonlik, weens ‘n tekort aan brandstof of bande, nie onmiddellik ‘n voertuig tot hul beskikking het nie. Toevallig word dié tekorte ook aan diefstal toegeskryf.

Danksy die nuwe sekuriteitsmaatreël is een skaapdief reeds vasgetrek. Diefstal in dié streek bereik gewoonlik ‘n hoogtepunt in die winter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.