“‘n Bybel vir my man se moordenaar”

plaasheining-300x225Güdryn Schoeman (69), ʼn weduwee van Mpumalanga, het ʼn Bybel aan haar man se veroordeelde moordenaar oorhandig en hom aangeraai om Jesus Christus as Verlosser te soek.

Schoeman het die Bybel deur Aaron Majawodwa Nkosi (30) se prokureur, Lawrence Manzini, aan hom oorhandig. Nkosi het Woensdag ter versagting van sy vonnis in die Pretoriase hooggeregshof verskyn. Manzini het aan sy kliënt gesê sy slagoffer se weduwee stuur die Bybel aan hom. “Güdryn Schoeman het gevra dat jy jouself moet bekeer en die weg na Jesus Christus vind,” het Manzini aan Nkosi gesê toe hy die Bybel voor die hele hof aan hom oorhandig het. “Sy het dié Bybel as ʼn geskenk vir jou gestuur. Sy sê jy moet dit aanvaar en ʼn Nuwe Lewe kry.”

Güdryn se man, Johannes Hendrik Tolstoi Schoeman (86) is op 17 Desember 2010 op hul plaas Vygeboom naby Badplaas in Mpumalanga vermoor.

Nkosi, wat stil in die getuiebank gesit het, het die Bybel aanvaar.

Staatsaanklaer S Ntuli het aan die hof gesê dat Güdryn, as ʼn Christen, Nkosi reeds vergewe het vir die moord op haar man. “In haar verklaring aan die hof het Schoeman gesê haar man was ʼn ongelooflike mens. Hy het almal op sy plaas gehelp en was onder die boere in die apartheidsera wat sy Afrika-werknemers lief gehad het,” het Ntuli gesê. “Schoeman het gesê haar man het gehelp om behoorlike huise met lopende water vir al sy plaasarbeiders te bou. Hy het ook twee skole en twee sokkervelde opgerig. Hy het sy werkers goed betaal. Hy het sy plaas in die hande van sewe van sy plaasarbeiders gelaat om dit te bestuur en hulle slegs bygestaan wanneer dit nodig was.”

Nkosi is Dinsdag skuldig bevind aan moord, roof en ontvoering terwyl sy medebeskuldigde, Thomas Johannes Nyathi (30), op alle aanklagte vrygespreek is.

Regter Mmonoa Teffo het gesê sy moes Nyathi vryspreek, omdat daar geen bewyse was wat hom positief aan die misdaad verbind het nie. Sy sê die enigste bewys, naamlike bloedmonsters wat op die toneel geneem is, kon nie aanvaar word nie omdat die behoorlike prosedures nie deur die polisiespan gevolg is nie.

Ntuli het Woensdag aan die hof gesê dat Schoeman ʼn finansiële las op sy vrou gelaat het, aangesien sy nou verantwoordelik is daarvoor om die plaas te bedryf met sewe betroubare personeellede. “Dit is ʼn baie ernstige misdaad wat teen boere gepleeg word en kom gereeld in dié streek voor. Die twee beskuldigdes het op dieselfde plaas grootgeword. Albei het die Schoemans baie goed geken en geweet dat hulle kwesbare bejaarde mense is. Maar die Schoemans het hulle nie geken nie. Die aanval is goed beplan. Nkosi en sy medepligtige het hulle in die veiligheid van hul eie huis aangeval. Die oorledene het, volgens die bewyse, hulle nie teengestaan toe hy aangeval is nie, weens sy ouderdom.”

Ntuli het aan die hof gesê dat meeste plase in die streek maklike teikens vir kriminele is, omdat hulle ver van polisiestasies af geleë is. “Alhoewel mev. Schoeman die beskuldigde vergewe het, sal sy nooit die nagmerrie vergeet nie. Daar is geen oortuigende omstandighede vir die beskuldigde nie en hy het nog geen berou getoon vir sy dade nie. Die misdaad is deur gierigheid aangevuur. Hulle was slegs op soek na geld en wapens. Schoeman het nie verdien om op só manier te sterf nie.”

Teffo het die vonnisoplegging tot Vrydag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Jy DINK jy ken hulle, al is hulle 30 jaar in jou diens, kan jy hulle NOOIT, NOOIT vertrou nie.

En die bejaarde man het met sy lewe betaal !

Dan het die nerf nie eers berou nie – nee, brand in die hel.

Ja, nou sal ek straks aangeval word – ons moet vergewe, dis wat God van ons verwag … hy aanvaar die Bybel – ALLES VIR DIE “SHOW” !

Hierdie tannie is voorwaar ‘n beter mens as ek …

vuurvreter ·

Trippie hy bluf haar miskien maar nie vir ons 2 nie. Laat die vrek in sy eie sel le en vrot. Maar nee hy kry 3 etes, klere skoene bed krag tv toiletware als uit ons sak. Dis genoeg om van te stik.

Willy ·

Maar Bybels is vrylik beskikbaar Me Schoeman. As hy nie die Bybel gelees het en moord gepleeg het sal hy defnitief moord pleeg al lees hy die Bybel.
Dis alles in die gene. As dit u gewete sus om ‘n Bybel vir u geliefde se moordenaar gee so let it be.
Sterkte vir u en die familie.

Jasper ·

Moenie jou pêrels voor die swyne gooi nie, sodat hulle dit nie vertrap en omdraai en jou verskeur nie. Ek volstaan maar by hierdie raad.

Justi ·

Ek is eerlik. Daar is nie n manier sou so iets gebeur het my my dat ek n bybel of enigiets anders sou gee nie. Die dame is n baie beter mens as wat ek ooit sal wees. Vergewe? Ek twyfel of ek so iets ooit sal kan vergewe. Moord is moord en waarom moor vir geld ens? Nee wat ek voel daardie man moet dieselfde straf kry as wat hy uitgedeel het. Die lafhartige barbaar.

Greg Smith ·

Sorry, I am not prepared to read all this gibberish. I shouldn’t pass comment without reading the full story, but if your man was so great, was it necessary for an unforgiving black man to take his life? This poor chappie has had his entire life to read or listen to gospel and probably had it drummed into his skull as a child, by his mother. The bible has been around and available since the begining of time, why give him one now, he will only use it as a defence mechanism to escape criminal proceedure. He will probably give it back to you when he comes back for your life!

JAVR ·

I fully agree with you Greg!!! He grew up on that farm! That man should have been like his grandfather according to the wife! He was good to them, fed them, clothed them, housed them, but NOOOOOOOO they flippen want more!!! The Bible is NOT going to turn him into an angel. Maybe the angel of darkness yes, if he doesn’t use the pages for toiletpaper in prison!!! How can this women still stretch out a hand of friendship to the murderer! The one who has not been convicted has seen how apologetic this poor old lady is for being alive so yes he is going to come back to finish their work!!!

Annatjie Sandrock ·

Geloof en vergewe is reg. Word van ons verwag. Maar hy toon geen berou. Dit bewys iets van wat aangaan

bileam se donkie ·

Ek het oom Tolstoi persoonlik geken,wat n lafhartigge daad aan een van die grootste en mooiste mens wat ek geken het,mag reg en geregtigheid seevier

Amy ·

Maak nie saak hoe goed mens hulle behandel nie, hulle voel steeds niks vir mens se lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.