ʼn Dogtertjie vir Graeme Smith

Graeme Smith, kaptein van die Proteas, het Woensdagoggend ʼn dogtertjie ryker geword.

Smith het Maandag van Engeland na Suid-Afrika gevlieg om met die geboorte van sy eersteling by sy vrou te wees.

Hy skryf op Twitter: “Ons dogter, Cadence Christine Smith, is vanoggend gebore en sy weeg 3,35kg. Ma en dogter doen goed. Dankie vir al die goeie wense. Dit was ongelooflik.”

Smith sal betyds terug wees om saam met die Proteas voor te berei vir die tweede toets, wat op 30 Julie begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.