ʼn Sokkerafrigter van Wolmaransstad is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem ná hy glo twee meisies, wie hy afgerig het, verkrag het.
Volgens sersant Philani Nkwalase, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het die 43-jarige man glo die twee 12-jarige meisies na sy huis gelok. Daar het hy vir hulle lekkers en geld gegee het, waarna hy hulle glo verkrag het.
Die polisie het die man aangekeer na een van die meisies met ʼn familielid oor die voorval gepraat het.
Die man gaan binnekort in die Wolmaransstad-landroshof verskyn.