N1 weer oop vir verkeer

Matroosbergpas naby Ceres Foto: Niel Swart, iWitness-foto vir EWN

‘n Gedeelte van die N1-snelweg tussen Beaufort-Wes en Richmond is weer oop vir verkeer, ná 48 uur se swaar sneeuval.

Die pad is Saterdag gesluit en sowat 2 000 voertuie en vragmotors kon, weens die sneeu, nie beweeg nie. Die pad is Sondag omstreeks 16:00 weer oopgemaak, berig EWN. Kenny Africa, hoof van die verkeersdepartement in die Wes-Kaap het gesê die verkeer beweeg baie stadig. Verkeersbeamptes is ontplooi om met die vloei van die verkeer te help. Africa doen ‘n beroep op motoriste om steeds baie versigtig in dié gebied te bestuur weens die vloede en hoë volume verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.