ʼn Ongeluk op die N3-snelweg naby Warden in die Vrystaat het Sondag die lewens van drie mense geëis en ʼn kind in ʼn kritieke toestand gelaat.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het ʼn voertuig waarin vier mense gery het, teen ʼn swaarvoertuig gebots.
“ʼn Man en twee vroue is op slag dood, en ʼn sesjarige seuntjie het kritieke beserings opgedoen. Die seun is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Steinmann gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek.