Twee mans se naakte liggame is Maandag naby ʼn fabriek in Vereeniging gevind.
Brig. Anton du Bruyn, woordvoerder van die polisie, sê die mans se naakte liggame is langs die fabriek se heining gevind. Du Bruyn sê daar was verskeie kneusplekke en oop wonde op die liggame. Hy sê die oorledenes se klere is in stukke geskeur en van die klere het oor die heining gehang. Die veiligheidswagte wat aan diens was beweer daar was Sondagaand drie mans op die perseel. Volgens die wagte het hulle die mans agternagesit maar het hulle in die donker verdwyn. Die oorsaak van die mans se dood is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Wanneer julle praat van Germiston, wat ‘n stad op sy eie en in ‘n totaal ander metro val, word dit sommer Germiston in Johannesburg. Nou hoekom word Vereeniging nie sommer ook maar in Johannesburg nie? Ek dink julle moet bietjie julle standaard van joernalistiek opknap