Naam bekend gemaak van man wat sterf toe hy hond wou red

Eckart Wessels. Foto: Facebook

Die man van die Wes-Kaap wat dood is nadat ʼn trein hom getref het toe hy sy hond wou red, se naam is Woensdag bekend gemaak.

Eckart Wessels, ʼn 21-jarige model, is Maandag omstreeks 11:00 langs die R304-pad buite Stellenbosch dood ná hy deur ʼn trein getref is.

Maroela Media het Maandag berig dat Wessels saam met sy vriendin en ʼn hond, Lea, gestap het, toe die hond oor die spoorlyn gehardloop en daar bly sit het. Wessels het die hond probeer red van ʼn aankomende trein.

“Ons het geroep en geroep, maar sy wou net nie beweeg nie. Eckart het haar gaan kry, maar toe ons weer sien, was die trein te naby en was dit te laat,” het sy vriendin aan Die Burger gesê. Die vriendin, wat van Swellendam kom, was Dinsdag steeds erg geskok en wou nie hê haar naam moet genoem word nie.

Die trein het Wessels getref en sy liggaam vir sowat 500 meter gesleep voor dit tot stilstand gekom het. Hy is op slag dood. Die hondjie is ook dood. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Wessels word Vrydag vanuit ʼn kerk in Harfield Village begrawe.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hanelle ·

Jammer dat ek nou ‘n taal-Nazi in hierdie tragiese storie moet wees, maar dit moet “op slag dood” wees, nie “opslag dood” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.