Naamsveranderinge in W-Kaap

Inwoners in Kaapstad het die stadsraad daarvan beskuldig dat hulle nie Afrikaners in ʼn naamsveranderingproses in ag neem nie, het Sapa Woensdag berig.

André Fourie, lid van die Vryheidsfront Plus het gesê dat strate wat na Afrikaanse leiers soos Andries Pretorius, Jan Smuts en Coen Steytler vernoem is, afgemaak word as “onsensitief, aanstootlik, en uitlokkend”. Die Cape Times het hom aangehaal waar hy sê: “Cecil John Rhodes, wat vir die grusame slagting van die Matabele in Rhodesië verantwoordelik was en Milner en Kitchener van Anglo-Boer-faam, onder wie se besluite duisende vroue en kinders in konsentrasiekampe gesterf het, word steeds deur die Demokratiese Alliansie gekoester.” Die Pan Africanist Congress of Azania het gesê dat hulle dit duidelik wil stel dat hulle alle straatname wat vernoem is na mense wat hulle verdruk het, wil verander. Brett Herron, voorsitter van die naamsveranderingkomitee, het gesê die publiek het die vier naamsveranderinge voorgestel. Die vergadering is gehou om die voorgestelde veranderinge te bespreek van DF Malanstraat na David Poolestraat; Coen Steytlerlaan na Walter Sisululaan, Milnerstraat na Jan Rabiestraat en Portweg na Fort Amsterdamweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.