‘n Man is in hegtenis geneem nadat ‘n nadoodse ondersoek bevind het dat ‘n vrou verwurg is, en nie, soos vroeër bevind, aan natuurlike oorsake oorlede is nie.
“Die liggaam van ‘n 40-jarige vrou is vroeër die maand in ‘n huis in Bergsig in Kirkwood opgespoor,” het lt.kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Aanvanklik is vuilspel nie vermoed nie, maar die nadoodse ondersoek het bekendgemaak dat Plaatjes verwurg is.”
‘n Saak van moord is oopgemaak en die 24-jarige man is Vrydagaand in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.