Nagklub met petrolbom gegooi

ʼn Nagklub in Observatory, in die Wes-Kaap, is Vrydag tot op die grond verbrand ná dit met ʼn petrolbom gegooi is.

Volgens kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval Vrydagoggend plaasgevind. “Voor die plek aan die brand gesteek is, is vier skoonmakers deur twee gewapende mans aangehou. Hulle is van hul selfone en persoonlike besittings beroof.”

Die verdagtes het daarna die nagklub met ʼn petrolbom aan die brand gesteek. Die naam van die nagklub is nie bekend nie, maar is op die hoek van Lower Main- en Stasieweg geleë.

Volgens Van Wyk is die skoonmakers ongedeerd maar getraumatiseerd. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.