Foto’s: Nairobi-lughawe staan in ligte laaie

Foto’s: Twitter

Die Jomo Kenyatta-lughawe in Nairobi, Kenia, staan in ligte laaie nadat ʼn brand Woensdagoggend daar uitgebreek het.

Volgens berigte het die brand omstreeks 05:00 by die immigrasie-afdeling in die vertreksaal van die lughawe uitgebreek.

Nooddiensbeamptes op die toneel sê geen beserings is tot dusver aangemeld nie. Dit is in die stadium nie bekend wat die brand veroorsaak het nie. Die brand beïnvloed operasionele dienste by die lughawe, aangesien geen vlugte toegelaat word om te land of te vertrek nie. Talle passasiers is gestrand. Die lughawe is afgesper terwyl brandbestryders die brand onder beheer bring.

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.