Nairobi-winkelsentrumskietery: Al-Shabaab se twiets

geweer4-320x1791Die dodetal in Kenia, waar ’n mini-oorlog by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi uitgebreek het, het volgens die Keniaanse Rooikruis reeds 30 bereik, maar die regering het nog net 11 sterftes bevestig.

Die weermag het vroeër by die polisie aangesluit om die geweld wat sedert vanoggend uitgebreek het, te beëindig. ’n Groep swaar gewapende aanvallers het vanoggend met ’n dodelike aanval op die winkelsentrum begin.

Intussen het die Somaliese militante-groep, al-Shabaab, via Twitter gesê hulle “het die Keniaanse regering al telkemaal gewaarsku dat sy sloerdery om sy militêre magte van Somalië te ontrek, drastiese gevolge sal hê,”. Die groep het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Hier is van al-Shabaab se twiets oor die aanval:

“The Kenyan government, however, turned a deaf ear to our repeated warnings and continued to massacre innocent Muslims in Somalia #Westgate,”

“The attack at #WestgateMall is just a very tiny fraction of what Muslims in Somalia experience at the hands of Kenyan invaders,”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.