Die dodetal in Kenia, waar ’n mini-oorlog by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi uitgebreek het, het volgens die Keniaanse Rooikruis reeds 30 bereik, maar die regering het nog net 11 sterftes bevestig.
Die weermag het vroeër by die polisie aangesluit om die geweld wat sedert vanoggend uitgebreek het, te beëindig. ’n Groep swaar gewapende aanvallers het vanoggend met ’n dodelike aanval op die winkelsentrum begin.
Intussen het die Somaliese militante-groep, al-Shabaab, via Twitter gesê hulle “het die Keniaanse regering al telkemaal gewaarsku dat sy sloerdery om sy militêre magte van Somalië te ontrek, drastiese gevolge sal hê,”. Die groep het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Hier is van al-Shabaab se twiets oor die aanval:
“The Kenyan government, however, turned a deaf ear to our repeated warnings and continued to massacre innocent Muslims in Somalia #Westgate,”
“The attack at #WestgateMall is just a very tiny fraction of what Muslims in Somalia experience at the hands of Kenyan invaders,”