Nairobi-winkelsentrumskietery: Weermag gryp in

Die weermag ondersteun die Nairobiese polisie geweer4-320x1791 om die aanval deur minstens vyf gewapende mans by die Westgate-winkelsentrum te beëindig.

Die onbevestigde dodetal sedert die drama vanoggend begin afspeel het, het reeds tot 22 gestyg en meer as 50 mense is beseer.

Die aanvallers het intussen gyselaars geneem en ‘n ooggetuie beweer die aanvallers teiken spesifiek nie-Moslems aangesien hulle gyselaars wat ‘n Islamitiese gebed kon bid, vrygelaat het.

Daar word vermoed dat die Somaliese militante-groep, al-Shabaab vir die aanval verantwoordelik is, hoewel die groep nog nie aanspreeklikheid aanvaar het nie. Die groep het al meermale gedreig dat hulle dié winkelsentrum gaan teiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.