Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, sal waarneem as president terwyl pres. Jacob Zuma besoek aflê aan die Demokratiese Republiek van die Kongo.
“Pandor sal waarneem totdat Zuma Woensdag terugkeer,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.
Adjunk-president Kgalema Motlanthe is tans in China vir ʼn vergadering tussen die twee lande.
sy was n totale mislukking in ander departemente en nou wil sy aflos as eerste minister , waarheen is suid afrika oppad?