Namakwa-blomme “mooiste in jare”

Goeie reënval en warm bergwinde het glo daartoe bygedrae dat die blomme in die Namakwa- Nasionale Park en die Garies-omgewing dié jaar glo die mooiste in jare is.

Bernard van Lente, bestuurder van die Namakwa- Nasionale Park, sê die blomkykers kan maar kom, berig Volksblad. “Dit het die afgelope tyd gereeld gereën en juis Dinsdag weer goed geval,” het Van Lente gesê. Verlede jaar se seisoen is ook as die beste in jare beskryf, nadat die oes in 2010 glo teleurstellend was. Die veld in die Namakwa- Nasionale Park en Garies-omgewing is glo reeds oortrek met blomme.

Gert Beukes van die Calivinia-museum sê hulle verwag binnekort ook blomme. In Springbok is die blomme nog skaars, maar dit word teen die einde van Augustus verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.