Name op gedenkmuur vir boere aangevul

Die name van die Steenkamp-gesin wat in April op hulle plaas in Griekwastad vermoor is, verskyn reeds op die Muur van Herinnering buite Bothaville. Foto: 24.co.za

Die name van die Steenkamp-gesin, wat op Goeie Vrydag onder vreemde omstandighede op hul plaas in Griekwastad vermoor is, verskyn nou ook op die Muur van Herinnering buite Bothaville.

ʼn Gedenkmuur is in 2000 op Nampopark opgerig vir boere wat op hulle plase vermoor is. Daar is al meer as ʼn duisend name op die muur aangebring.

Die Muur van Herinnering, wat deur die Hennenman-boerevereniging befonds word, word veral tydens die Nampo-oesdag besoek. Volgens OFm Nuus het besoekers tydens vanjaar se fees ook die geleentheid gehad om nog name op die muur aan te bring.

Volgens ʼn berig in die Volksblad is niemand nog vir die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter, Marthella (14) in hegtenis geneem nie. Die polisie wag nog vir ballistiese en forensiese toetse se uitslae. Die Steenkamp-gesin se seun, Don (15), is die enigste oorlewende lid van die gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.