Name van nuwe universiteite bekend gemaak

Pres. Jacob Zuma het Donderdag die name van die nuwe universiteite wat onderskeidelik in Kimberley en Nelspruit opgerig gaan word, bekend gemaak.

Die nuwe universiteit wat volgende jaar in Kimberley gebou gaan word sal as Sol Plaatje-universiteit bekend staan. Die universiteit in Nelspruit sal as die Universiteit van Mpumalanga bekend staan.

“Ons jong mense is uitgehonger vir opvoeding,” het Zuma gesê. “Ons rig hierdie instansies op omdat ons seker wil maak dat elke provinsie hoër opleiding kan aanbied.”

Die universiteite sal aanvanklik glo minder as 200 studente inneem. Zuma en Blade Nzimande, minister van onderwys, het besonderhede verskaf oor die vordering van die twee nuwe universiteite. Tydens sy staatsrede het Zuma aangekondig dat die bouwerk aan dié projekte hierdie jaar nog sal begin. Zuma sê die universiteite sal volgende jaar oopmaak en in 2015 na hul nuwe perseel skuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.