Namibië verdedig renosterjag-permit

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Natuurbewaringsowerhede in Namibië het Vrydag die veiling van permitte om swartrenosters in dié land te jag, verdedig.

Pohamba Shifeta, adjunkminister van omgewingsake, het gesê dié jagtog se doel is om die bedreigde spesie te bewaar. Die permit, wat deur die Dallas Safari Club in Amerika verkoop gaan word, is deel van die regering se goedgekeurde jaarlikse kwota, wat reeds in 2012 ingestel is. Daar is toestemming verleen om vyf swartrenosters jaarliks dood te maak.

“Ons word gekonfronteer deur individue en organisasies wat hul misnoeë uitspreek oor die program. Hulle dink soms ons doen dinge lukraak,” het Shifeta gesê. “Mense moenie bekommerd wees nie. Ons het ʼn program en ʼn beleid wat ons volg.”

Shifeta het gesê die opbrengs uit die veiling sal vir bewaringspogings aangewend word. “Ons het nog nie ʼn vermindering in ons renostergetalle gesien nie. Om die waarheid te sê, die getalle neem toe.”

Daar is tans ongeveer 1 800 renosters in Namibië.

Namibië word nie so erg geraak deur stropery soos Suid-Afrika nie. Slegs 10 renosters is sedert 2006 in Namibië vir hul horings gestroop.

Lees ook:
Doodsdreigemente vir klub wat renosterjag-permit wil verkoop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.