NAMPO Oesfees begin vandag

Die gewilde Nampo-oefees vind hierdie week naby Bothaville plaas. Foto: agleader.com

Die jaarlikse Nampo Oesfees skop vandag by die Nampo-park naby Bothaville in die Vrystaat af.

Hierdie jaar se fees spog met meer as 670 uitstallers van sover as Amerika, Pakistan en Brasilië.
Volgens die voorsitter van die feeskomitee, Cobus van Coller, het landbouprodusente elke jaar ʼn spesifieke behoefte en die fees probeer om hierdie behoeftes aan te spreek. Hierdie jaar fokus die fees op bewaring en daar is ʼn groot verskeidenheid van uitstallers wat veral fokus op groentegnologie soos sonpanele en windturbines.

“As jy op die voorpunt van tegnologie in die landbousektor wil wees, is die Nampo-oesfees die plek om te wees. Dit is boonop ʼn wonderlike netwerk geleentheid,” het Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoof gesê.

Die Nampo-oesfees vind van 15 tot 18 Mei plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.