Nando’s spot met Valke-woordvoerder se Vaseline-tweet

Nando’s, wat bekend is vir hul omstrede advertensieveldtogte, het pas ʼn nuwe veldtog van stapel gestuur wat die draak steek met McIntosh Polela, die Valke se woordvoerder.

Polela het opspraak gemaak toe hy verlede Woensdag, kort nadat die sanger Molemo “Jub Jub” Maarohanye’ aan moord skuldig bevind is, op Twitter geskryf het: “I trust that JubJub’s supporters gave him a jar of Vaseline to take to prison,” [Ek vertrou dat Jub Jub se aanhangers vir hom ʼn pot Vaseline gegee het om tronk toe te vat].

Van sy volgelinge het gevoel dit is onvanpas dat ʼn woordvoerder van die Valke sulke uitlatings maak en Polela het kort daarna om verskoning gevra.

Nando’s het die geleentheid benut en sê in een advertensie: “You shouldn’t tweet when you are hungry, McIntosh.” [Moenie tweet as jy honger is nie, McIntosh]

Die advertensie lui verder: “Next time you’re thinking about tweeting, do yourself (and your followers) a favour and come to Nando’s instead. Unlike your jokes, our flame-grilled Peri-Peri chicken is always tasteful.”[Doen jouself (en jou volgelinge) ʼn guns en kom volgende keer, voor jy tweet, eerder na Nando’s. In teenstelling met jou grappe, is ons vlamgeroosterde Peri-Peri-hoender altyd smaaklik.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.