Nando’s wys DSTV-aanbod van hand

Nando’s het ʼn aanbod van DSTV van die hand gewys om hul “xenofobiese” advertensie, wat eers verbied was, uit te saai.

Business Day berig Thabang Ramogase, Nando’s se bemarkingsbestuurder, sê dit wil voorkom of DSTV die advertensie nou wil uitsaai, slegs omdat hul mededinger, Top TV, die advertensie verlede week op nege van hul kanale uitgesaai het.“DSTV moes by hul beginsels gestaan het en nie op die lawaaiwa geklim het toe die SAUK besluit het om die advertensie te verbied nie,” het Ramogase aan die koerant gesê.

Die advertensie is vroeër die maand deur die SAUK, M-Net, DSTV en e.tv verbied om uitgesaai te word.

Chris Hitchings, van DSTV, het gesê hulle het die besluit hersien na die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde klagtes oor die advertensie van die hand gewys het.

Nando’s se minuutlange advertensie wys hoe verskeie mense van verskillende nasionaliteite in ʼn rookwolk verdwyn. Dit eindig met ʼn Khoisan-man wat oorbly en sê: “Ek gaan nêrens heen nie, julle het ons ****** hier gekry.”

Sien die video hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.