Nar het Engelse dorp op hol

Die "nar" en die "narvanger"

Die “nar” en die “narvanger”


‘n Paar rillerflieks waarin narre die rol van wrede moordenaars vertolk, maak dat baie inwoners saans maar omkyk-omkyk die strate aandurf. Die feit dat sy kostuum sterk herinner aan dié van die nar Pennywise, die moorddadige nar van Stephen King se fliek IT, het hom die bynaam “creepy clown” besorg.

Die geheimsinnige nar het op sy bakkiesblad laat weet hy het geen kwade bedoelinge nie, en dra nie ‘n mes saam nie. Hy wil net gesien word. Hoewel sommige inwoners die nar se teenwoordigheid verwelkom, is ander nie oortuig alles is bo verdenking nie. Maar hulle hoef nie bekommerd te wees nie… as daar ‘n vermeende booswig met ‘n mombakkies rondloop, is ‘n superheld altoos in die omgewing. Die keer ook. Die superheld, in ‘n blou gewaad, het weer op sy bakkiesblad laat weet hy gaan die nar vastrek. Hy identifiseer homself as die “clown catcher.”

Northampton, die hoofdorp van Nothampshire, is met sy meer as 200 000 inwoners die grootste dorp in Engeland wat nie formeel stadstatus geniet nie. Maar dit het ‘n dwalende nar en ‘n narrevanger. Gelukkig vir die mense wat aan coulrophobia (vrees vir narre) lei, is die “skrikbewind” byna op ‘n einde. Die nar het op sy bakkiesblad beloof dat daar teen die einde van die week ‘n verassing op die inwoners wag. En … die verassing sal darem in die dag kom.
Indien dit ‘n publisiteitsfoefie is, is dit nog ‘n groot geheim waaroor dit handel. Maar niemand weet vir seker nie. Ligloop dus maar intussen…Hê, hê hê….

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sylvia ·

HIERDIE NAR IS NOU WEER NET IEMAND WAT AANDAG SOEK EN WAT KLEIN KINDERTJIES WIL BANG MAAK. AS JY NIKS HET OM TE DOEN IN DIE NAG NIE GAAN SPRING IN DIE SWEMBAD EN GENIET JOUSELF

Attie ·

Dit sal nou regtig baie goed wees as die alles ‘n reklame foefie was, die hele wereld weer van dit, miskien is dit vir grimering, ‘n nuwe mascara

Jasper ·

Hoop nie hy word ook deur n hoederhaan op sleeptou geneem hier teen die einde nie. Mog ek nooit so vervelig raak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.