Nasionale Ontwikkelingsplan verhoog afhanklikheid van die staat

piet le roux formeelEkonomiese desentralisering en ʼn afwentel van staatsfunksies na die privaat sektor is ʼn beter voorstel as die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP). Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is dit die oplossing vir Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings.

As deel van AfriSake se bewusmakingsveldtog oor die NOP het die organisasie tydens ʼn sake-ontbyt Dinsdagoggend hierdie Plan grondig geanaliseer. Gassprekers het ingesluit

van die Instituut vir Rasseverhoudings, en Piet le Roux, senior navorser van die Solidariteit Beweging. Verskeie teenstrydighede en wyses waarop die regering deur die NOP staatsafhanklikheid wil verhoog, is aangetoon.

Volgens Kane-Berman beoog die NOP om 11 miljoen nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep, maar “voorsien dat die privaat sektor ʼn minimale rol hierin sal speel”. Dit beteken dat sakelui en entrepreneurs se rol in die ekonomie sal verskraal. Verder meen Kane-Berman dat die plan ʼn verhoogde belastinglas vir Suid-Afrikaners inhou wat die plan onbekostigbaar maak.

Volgens Le Roux is dit kommerwekkend dat die NOP nie ag slaan op die suksesse van die privaat sektor in onderwys- en gesondheidsdienste nie. Sentralisering en groter staatsbeheer word eerder as oplossings vir byvoorbeeld die land se swak onderwys- en gesondheidstelsels beskou. “Die beoogde inperking van eiendomsreg en die aftakeling van ʼn onafhanklike regbank is genoeg rede om ernstige voorbehoude oor die NOP te hê,” het Le Roux bygevoeg.

Die plan voorsien ook toenemende fokus op sg. bemagtiging as vorm van opheffing en ekonomiese deelname. Dit terwyl die praktyk toon dat dit ʼn blote dekmantel vir selfverryking van die politieke elite is.

Volgens Jansen van Rensburg is die enigste langtermynoplossing vir armoede en opheffing die skep van werksgeleenthede deur entrepreneursaktiwiteite. “Daarom is dit uiters noodsaaklik dat individue vanuit alle gemeenskappe as volwaardige entrepreneurs tot die ekonomie toetree sonder om afhanklik van die staat vir sakegeleenthede te wees”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jake O. Oliver ·

Tradisioneel is dit nie vreemd dat die top-mense in die privaat sektor hoë inkomstes gegun word, en selfs belastingverligting daarvoor kry nie, want dit stimuleer entrepreneurskap en die skep van nog werksgeleenthede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.