Nasionale tesourie sê polisie moet verminder

Die nasionale tesourie het aanbeveel dat die polisie sy personeel met tot 9 000 lede moet verminder.

Luidens ’n verslag van die tesourie wat verlede week in die parlement voorgelê is, kan dit beteken dat die polisie van volgende jaar af geen nuwe rekrute sal inneem nie, berig Beeld vandag.

Dianne Kohler Barnard, DA-LP en woordvoerder oor polisie, het egter gesê Suid-Afrika kan nie bekostig om minder polisielede te hê nie. “Met een van die wêreld se hoogste misdaadsyfers het ons méér polisie­lede nodig. Die voorstel hou ook niks goed in vir die verbetering van die polisie se spesialisdienste, veral speurders en forensiese dienste, nie.” Kohler Barnard het gesê die hoof van die polisie se forensiese laboratoriums het reeds gehoor daar mag geen nuwe personeel gehuur word nie, in ooreenstemming met die tesourie se aanbeveling.

Kol. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê dit is bloot ’n voorstel en die syfer is nie beslis nie. “Dit sal ook oor ’n lang tydperk gebeur. Niemand se werk is in gevaar nie. Die idee is om die bestaande personeeltal te verklein deur natuurlike verminderings soos en bedankings,” het Naidoo gesê.

Kohler Barnard het gesê as die SAPD nie geld mors op onbenullig­hede nie, sal dit nie nodig wees om mense te verminder nie. Sy het gesê die ouditeur-generaal het in die polisie se laaste finansiële state bevind die departement het tot R78 miljoen onreëlmatig bestee. “En dié bevinding is gemaak op ’n oudit-steekproef van net 5% van die departement. Die werklikheid is die syfer kon heelwat groter gewees het.” Sy het gesê sy gaan op die polisie se portefeuljekomiteevergadering ’n versoek rig dat die tesourie die aanbeveling kom verduidelik.

Sien volle storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.