Nasionale vervolgingshoof gepos

Menzi Simelane

Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging (NPA), is uit sy pos verwyder.

“Hy werk nie meer by die NPA in enige kapasiteit nie,” het Bulelwa Makeke, woordvoerder vir die NPA, aan The Times gesê. Makeke het nie enige verdere besonderhede verskaf nie. Die konstitusionele hof het in Oktober bevestig die hoogste hof van appèl het in die guns van die Demokratiese Alliansie (DA) beslis dat pres. Jacob Zuma se aanstelling ongeldig was. Ná die uitspraak is Nomgcobo Jiba as waarnemende nasionale direkteur van die NPA aangestel, maar geen verdere besluit jeens Simelane se posisie is bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.