Naspers-pionier sterf

Antonie Roux

Antonie Roux (54), die hoof van MIH en Naspers se internetbedrywighede wêreldwyd, is Sondag ná ʼn operasie in Duitsland oorlede.

Roux het in ʼn hospitaal in Heidelberg, Duitsland gesterf, berig Fin24. Pankreaskanker is vroeër by hom diagnoseer en hy is verlede week Dinsdag in die Heidelberg-universiteitshospitaal in Duitsland opereer waarna hy ’n infeksie opgedoen het.

Hy het meer as 20 jaar lank vir Naspers gewerk en in 2008 die Phil Weber-toekenning ontvang. Dit is die hoogste prys in die Naspers-groep. Roux was ook een van die stigterslede van M-Net.

Roux word oorleef deur sy vrou, Sonja, en kinders André, Petronel en Marté. Die gesin het in Kaapstad gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.