Nasrec-reeksmoordenaar is spyt

Lazarus Mazingane

Lazarus Mazingane

Lazarus Mazingane, die sogenaamde Nasrec-reeksmoordenaar en verkragter, is glo spyt oor sy misdrywe, het die Sowetan Donderdag berig.

“Ek het moord gepleeg en onskuldige mense se lewens verwoes. Verskeie ma’s en pa’s het nie meer kinders as gevolg van my nie,” het hy Woensdag tydens die departement van korrektiewe dienste (DKD) se 16 dae van aktivisme van Geen geweld teen Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede-veldtog gesê.

“Ek is spyt oor my dade. Ek het my innerlike mens ignoreer en ons almal het ʼn innerlike mens. Ek is skuldig bevind op aanklag van 17 moorde, 24 verkragtings, ontvoering en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.”

Mazingane is op 3 Desember 2002 in die Johannesburgse hooggeregshof tot 17 keer lewenslange tronkstraf gevonnis en moet meer as 700 jaar se tronkstraf uitdien vir die misdade wat tussen 1993 en 1998 gepleeg is.

Regter Joop Labuschagne het tydens sy vonnisuitspraak Mazingane beskryf as ‘n “wrede en onmenslike persoon wat geen berou getoon het nie, en permanent uit die samelewing verwyder moet word”.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justi ·

Nee wat. Daardie spyt het te laat gekom.

Hou hom agter tralies want sodra hy sy neus uit die tronk het sal hy dieselfde doen.

Hein ·

Nee wat, ek twyfel. Die enigste iets waaroor hy kan spyt voel is dat hy gevang is. Enige normale mens sou in skok en skaamte na die eerste ontvoering\aanranding\verkragting\moord besef daar is iets fout. Vir hierdie knaap was dit eerder die aansporing vir nog. Bly maar rustig waar jy is…

stephanie ·

goed dat hy berou het, hoop net nie hy dink of die parool raad dink hy is gerehab om vrygelaat te word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.