Kaapstad se rampsbestuursentrum het gesê hulle maak gereed vir die moontlikheid van vloede vir die naweek.
“Die sentrum is op hoë gereedheid geplaas nadat swaar reënval oor die gebied wat vloede kan veroorsaak, vir die naweek voorspel is,” het Wilfred Solomons-Johannes, die sentrum se woordvoerder, gesê.
Hy het gesê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het voorspel dat swaar reënval van 50mm en ʼn kouefront die Wes-Kaap Vrydagmiddag gaan tref. Dié toestande gaan na beraming tot Saterdag voortduur.
“Die gebiede waar flitsvloede kan plaasvind, is Kaapstad se middestad, die suidelike dele van die Weskus, die westelike dele van Sentraal-Karoo, Overberg, die Kaapse wynlande en Eden.”
Saam met die nat weer word stormsterkte winde van 65 tot 75km/u van Tafelbaai tot Cape Agulhas verwag.
Ons word nou n somer en winter reenval streek, nuwe “rainforest”