Nat naweek lê voor

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik dat swaar reën en donderstorms die naweek oor groot dele van die land verwag kan word.

Mpumalanga, KwaZulu-Natal, westelike dele van Limpopo en die Wes-Kaap kan swaar reën verwag. Nooddienswerkers van die Wes-Kaap is op gereedheid geplaas. “Erge reën verhoog watervlakke en skielike vloede. Vermy laagliggende gebiede. Neem aan dat vloedwater riool kan bevat wat skadelik vir mense en vee kan wees. Herders moet kyk of die wateroppervlakte styg voor hulle met vee oor stroompies beweeg,” het Itshokeng Abbey Tshweu, ʼn woordvoerder van die rampbestuurseenheid, gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.