Nat paaie laat een dood

Nat paaie vanoggend in Gauteng het daartoe gelei dat ʼn noodlottige ongeluk op die N1-deurpad naby Roodepoort plaasgevind het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het ʼn ooggetuie gesien hoe die bestuurder van ʼn Opel Corsa-bakkie beheer oor die voertuig verloor en teen die betonpilaar van die oorhoofse Gordonweg gebots het. “Die voertuig het amper aan die brand geslaan, gelukkig was die brandweer spoedig op die toneel om enige moontlike brand onder beheer te bring,” het Jackson gesê. “Die 61-jarige bestuurder is op slag dood en sy liggaam moes uit die wrak gesny word. Niemand anders is in die voorval beseer nie,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.