Natal-botsing eis twee

netcare911 1Twee mense is Maandag dood en ses het ernstige beserings opgedoen nadat ʼn bakkie met passasiers agterop op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal naby die Tugela-brug aan die Noordkus gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Maandag gesê die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. “Na wat beweer word, het die bestuurder van die bakkie teen die agterkant van ‘n swaarvoertuig vasgery, waarna die bakkie in stukke geskeur het. Stukke van die wrak was oor ʼn wye gebied verprei,” het Botha gesê.
Twee mense is op die toneel dood verklaar. Die ander beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Stanger geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.