Natalie du Toit vereer

Du Toit met een van haar goue medaljes wat sy tydens die 2012 Paralimpiese Spele gewen het. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Du Toit met een van haar goue medaljes wat sy tydens die 2012 Paralimpiese Spele gewen het. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Die afgetrede Paralimpiese swemmer Natalie du Toit gaan deur koningin Elizabeth II met die Orde van die Britse Ryk (MBE) vereer word.

“Haar Majesteit die koningin het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese swemmer Natalie du Toit met die MBE-toekenning vereer word,” het die Britse hoë kommissaris Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Ek voel nederig en geëerd deur die toekenning te ontvang. Ek wil aan diegene wat dit moontlik gemaak het sê dankie dat julle in my geglo het en by my gestaan het,” het Du Toit gesê na sy gehoor het van die toekenning. Martin Reynolds, waarnemende Britse hoë kommissaris, sê Du Toit het groot sukses in haar sportsoort behaal en die vermoë gewys om aan beide die Olimpiese en Paralimpiese Spele deel te neem. “Natalie is ʼn inspirasie vir opkomende atlete regoor die wêreld en ek is verheug dat sy vir haar bydrae vereer word.” Du Toit het na die 2012 Olimpiese en Paralimpiese Spele, waar sy drie goue en een silwer medalje gewen het, uitgetree. “Sy is ʼn inspirasie vir ʼn generasie van Paralimpiese-atlete en ons is verheug dat haar bydrae erken word.” Sy koninklike hoogheid die graaf van Wessex sal volgende maand die toekenning aan Du Toit oorhandig tydens ʼn seremonie in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Baie geluk aan Natalie as daar nou een persoon is wat dit verdien dan is dit hierdie nederige heldin. Henriette van zuma gepraat, daar sit reeds ‘n vrou vir hom en wag om te trou. Die Swazi-koning begin juis druk op zuma toepas om nou tot troue te kom met die Swazi-prinses vir wie zuma reeds labolla betaal het. Ons kan seker aanvaar sodra daar nog ‘n huis en nog ‘n ondergrondse gang by Nkandla gebou is die troue sal plaasvind, Hy wil maar net he die ondersoek oor ons geld wat so vrylik gebruik word by Nkandla sal die troue ook plaasvind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.