Navorsing toon depressielyers se breine krimp

Dele van die breine van depressielyers en mense wat vir lang tye aan spanning ly, is kleiner as dié van mense wat nié die probleem het nie.

Navorsers van Yale onder leiding van prof. Ronald Duman, ‘n psigiater, het vasgestel hoekom dit gebeur.

‘n “Skakelaar” wat die kommunikasie tussen breinselle moontlik maak, word by mense met depressie onderproduseer. Dit veroorsaak dat selle op die kontakvlak nie met mekaar kommunikeer nie.

Dit word as ‘n genetiese toestand beskryf.

Dit was lank reeds bekend dat dele van depressiewe mense se breine krimp, wat op hul beurt weer die se emosionele en kognitiewe eienskappe aantas.

Duman sê die nuwe bevindings sal hopelik daartoe lei dat die kommunikasie tussen die kontakvlakke weer deur nuwe medisyne of terapie verbeter kan word, en so doeltreffender behandeling teen depressie en spanning te kan ontwikkel.

Die verslag is in die vaktydskrif, Natural Medicine, gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.