Nederland-paartjie in Jemen vrygelaat

nederland paartjieJudith Spiegel en Boudewijn Berendsen, ʼn egpaar van Nederland wat gyselaar gehou is in Jemen, is Dinsdag ná vyf maande vrygelaat.

Die egpaar is naby die Nederlandse ambassade in die hoofstad, Sana’a vrygelaat en was “in ʼn goeie toestand”.

Spiegel en Berendsen is vroeg in Junie naby hul huis in Sana’a ontvoer. Hulle het later in ʼn video, wat op YouTube gepubliseer is, verskyn waar hulle by die regering in Nederland pleit om aan die eise te voldoen, anders sal hulle moontlik tereggestel word. Klik hier om die video te sien.

Verskeie uitlanders is al in Jemen ontvoer deur stamhoofde wat dan ʼn losprys eis of probeer om die regering te beïnvloed om aan plaaslike eise te voldoen.

ʼn Egpaar van Bloemfontein in Suid-Afrika, Pierre en Yolande Korkie, is in Mei 2013 ontvoer. Dr. Imtiaz Sooliman, stigter en voorsitter van Gift of the Givers, het in Augustus aangedui die Korkies word glo saam met Spiegel en Berendsen in die Ibb-provinsie aangehou. Klik hier om meer te lees. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

ʼn Egpaar van Finland en ʼn student van Oostenryk is in Mei vrygelaat nadat hulle vir bykans ses maande lank aangehou is. ʼn Onderwyser van Switserland is in Februarie vrygelaat nadat hy vir langer as ʼn jaar aangehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Daardie land is n verderflike agterlike rowersnes. Praat met mense van Ethiopië wat daardeur moes reis agter werksgeleenthede aan in die Golfstate.
Ek sal geeneen aanraai om daar aan te doen of te gaan werk nie, al is die salaris hoe goed.
Die Korkie egpaar het ons gebede nodig, veral die vrou.

Hanlie ·

Dit is vir my net snaaks dat Jemen se regering nie iets omtrent die “ontvoerings” doen nie. Dit lyk asof dit op ‘n daaglikse grondslag gebeur…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.