
Die gehoor smul aan al die kase wat vir die kompetisie ingeskryf is.
Die Steenderen-span van Friesland Campina, Nederland het egter die res van die spanne op hul neuse laat kyk toe hulle Woensdagaand as wenners aangekondig is. Sewe van die finale 16 deelnemers was van Amerika afkomstig; vyf van Switserland wat kampioene in elk van die afgelope drie kompetisies opgelewer het; twee finaliste uit Nederland en een elk van Kanada en Spanje. Adrian Mayer van Kaserai Grundbach in Switzerland was tweede en Karl Germann van SO Appenzeller Kase GmbH van Switzerland het met die derde prys weggestap. Die kampioenskap geniet gewoonlik nie baie aandag nie, maar aangesien die belangstelling in kaas oor die afgelope paar jaar só toegeneem het dat die organiseerders in Wisconsin vir die eerste keer kaartjies na die geleentheid verkoop het. Al 400 kaartjies het uitverkoop.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Wie was die beoordelaars? Amerikaners? Wat Amerikaners van kaas af weet is gevaarlik! Vir hulle bestaan daar net drie soorte kaas: “American Cheese”, “Swiss Cheese” (dis dieselfde as “American Cheese”, behalwe dat dit gate in het) en geprossesseerde kaas. Dis soos om Eskimo’s te laat wyn beoordeel.