Nederlander stel resepteboek vir geregte met insekte bekend.

Die nuwe Insekte-resepteboek spog ook met 'n resep vir kolwyntjies met wurms. Foto: ibtimes.com

As jy lankal nie meer ʼn biefstuk by jou gunsteling restaurant kan bekostig nie kan jy dalk binnekort geregte met insekte op die spyskaart probeer.

Die eerste resepteboek vir die voorbereiding van geregte met insekte as ʼn hoofbestanddeel is Dinsdag in Nederland bekendgestel. Die boek se doel is om insekte as ʼn bron van proteïne te bemark.
Marcel Dicke, ʼn professor by die Wageningen Universiteit, het gesê die volgende stap sal nou wees om insekte op die spyskaart van restaurante te voeg. ʼn Spesialis sjef, Henk van Gurp, het die bekendstelling van die boek met ʼn wêreldrekord gevier deur die grootste sprinkaanpastei te bak.

Navorsers by die Wagenigen Universiteit het bevind dat insekte die beste bron van proteïne vir ʼn groeiende wêreldpopulasie sal bied. Tans word 70% van landbouland vir lewendehawe se aanhou gebruik en dit is bloot nie volhoubaar nie met ʼn bevolking wat in 2050 meer as nege miljoen sal wees.
Die nutriëntwaarde van insekte is boonop gelykstaande aan die van vleis terwyl die impak van insekboerdery ongeveer ʼn honderd maal laer sou wees as die van byvoorbeeld varkboerdery. Dicke verwag dat haar insekteresepte die meeste weerstand uit land sal ontvang, wat lief vir hulle groot porsies vleis is.

Die mense wat egter nie nou al self kans sien om hulle insekte te koop en voor te berei nie, kan aan ʼn paar geregte in Nederland gaan proe. Die Specktakel restaurant in Haarlem, wes van Asterdam, bedien reeds sedert Maart ʼn vyfgang-maaltyd wat insekte bevat. Die hoofdis is tans ʼn vleispasteitjie met neute, sade en wurms. Mark van Kimmenaede, ʼn sjef by Specktakel, het egter gesê hy verwag nie dat insekte vinnig baie populêr gaan word nie juis omdat dit so ʼn vreemde smaak het. “Die smaak komplimenteer byvoorbeeld nie vis nie,” het Van Kimmenaede gesê. “Dit is tog lekker om een of twee geregte met insekte op die spyskaart te hê maar dit sal net by pret bly.”

Lees nog hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.